Kennis geskied hiermee van die Raad se voorneme om die ondergemelde eiendomme te vervreem ingevolge artikel 14 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet 56 van 2003) asook die munisipale regulasies insake die oordrag van onroerende bates:
Plaas | 339/R | Bufflejachtsbaai |
Plaas | 308/2 | Bufflejachtsbaai |
Plaas | 75/3 | Bier Rivier |
Plaas | 75/1 | Bier Rivier |
Plaas | 238/6 | Avontuur |
Erf | 2 | Suiderstrand |
Plaas | 663/4 | Paardeberg |
Plaas | 666/1 | Paardeberg |
Plaas | 620/2 | Paardeberg |
Verdere besonderhede is gedurende normale kantoorure ter insae beskikbaar by die munisipale kantore, Langstraat 26, Bredasdorp (tel. 028 425 1157). Navrae moet gerig word aan Mnr PA Oliver.
Enige kommentaar teen die vervreemding moet behoorlik gemotiveerd en skriftelik ingedien word by die ondergetekende voor of op 13 April 2020.
Indien ’n persoon nie kan lees of skryf nie, kan so ’n persoon sy/haar beswaar/kommentaar mondelings by die Munisipale Kantore, Langstraat 26, Bredasdorp aflê, waar Me J Hopley hom/haar behulpsaam sal wees om die kommentaar of besware op skrif te stel.
MNR DP BERETTI
MUNISIPALE BESTUURDER
OVERBERG DISTRIKSMUNISIPALITEIT
PRIVAAT SAK X22
BREDASDORP
7280